Huisgenoot

DIE WEL EN WEE VAN ’N F1-RYER

‘Jy kan nie anders as om op so ’n ongeluk trots te wees nie. Jy kyk daarna en dink: Ek het lewend daaruit gekom’

‘RENJAERS praat nie oor ongelukke nie. Ons praat van “kwessies tydens die ren”. Byvoorbeeld as jy ’n lekplek agter kry, moet jy stop om die agteras te sluit of die gevaar loop dat jy skade opdoen omdat die een wiel dan baie vinniger as die ander een draai. Sulke dinge. Maar ons praat nooit oor botsings nie.

Toe ek nog meegeding het, het ons wel geoefen om in ’n noodgeval vinnig uit ’n motor te kan spring. Dit het gespruit uit ’n uitspraak van die Internasionale Automobielfederasie (IAF) waarvolgens jy net aan ’n ren mag deelneem as jy binne vyf sekondes uit die motor kan kom en met albei voete op die grond land.

Dit het in ’n kompetisie ontaard.

Die IAF-beampte het voor die ren na jou toe gekom nadat hy reeds by vyf spanne was, en dan vra jy: “Wat’s die tyd om te klop?”

Hy sou sê: “Wel, (Sebastian) Vettel het dit in drie punt sewe gedoen.” Dan dink jy: “Oukei, kom ons probeer dit verbeter.”

En jy doen dit in drie punt vyf. Jou knieë is seer en jy het jou rug in die proses seergemaak, maar die wete dat jy gewen het, maak dit die moeite werd.

As jou motor aan die brand sou slaan, moet jy binne vyf sekondes uitspring. Maar as

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Vyf Vinnige Vrae
1 In watter Amerikaanse staat is Hollywood? 2 Hoeveel kante het ’n oktagoon? 3 Ankara is die hoofstad van watter land in die Midde-Ooste? 4 Wie is die enigste Suid-Afrikaanse vrou wat ’n Nobelprys ontvang het? 5 In watter provinsie is die Mapungubwe
Huisgenoot2 min read
Ontmoet Die Hoofkarakters
Sebastian is ’n professor in entomologie en probeer almal in sy familie se pad gelyk maak, vertel Albert. Hy’s ’n ordentlike man, maar sy begrip vir sy vrou, Elma, is nie heeltemal op dieselfde standaard as sy kennis van insekte nie. Hy is geneig om
Huisgenoot2 min read
Flitsvrae: Nadine Blom
Wat is geluk vir jou? Daai oomblik wat jy weet jy het ’n verskil gemaak in iemand anders se lewe. Wanneer en waar was jy op jou gelukkigste? Op die verhoog, besig om te sing of mense te vermaak. Waarmee hou jy jou die graagste besig? Ek hou myself gr