Huisgenoot

Valentynsdag

SPYSKAART 1: MAKLIK EN INFORMEEL

’n Vinnige en maklike ete wat by die koffietafel of buite in die tuin geniet kan word.

VOORGEREG

Biltongsmeer met blitsige hartjiebeskuitjies

HOOFGEREG

Japtrap-hoenderpizza met kruieolie

NAGEREG

 Sjokoladeheuningkoektruffels

1. BILTONGSMEER MET BLITSIGE HARTJIEBESKUITJIES

GENOEG VIR 2 MENSE

BEREIDING: 20 MIN.

GAARMAAK: 7-12 MIN.

BESKUITJIES

◗ 4 snye wit-of bruinbrood
◗ 30 ml (2 e) olyfolie
◗ 2,5 ml (½ t) seesout

SMEER

◗ 1 x 240 g-houer roomkaas
◗ 60 ml (¼ k) biltongpoeier
◗ 30 ml (2 e) gekapte grasuie
◗ ’n hand vol pietersielie, fyngekap
◗ fyngerasperde skil van
◗ 1 suurlemoen

VIR VOORSIT

◗ biltongskyfies
◗ vars kruie
◗ suurlemoenwiggies

Voorverhit die oond tot 200 °C. Bespuit ’n bakplaat met kossproei.

Sny die brood se korsies af en rol die snye so plat moontlik met ’n koekroller uit. Druk hartjievorms uit die brood met ’n koekiedrukker. Pak die hartjiebroodjies op die bereide bakplaat. Drup die helfte van die olyfolie oor die broodjies, draai om en drup Meng al die bestanddele vir die smeer en skep in bakkies of potjies. Seël goed en verkoel tot nodig.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot5 min read
Dis Hoe Dié Familie Rol
JY NOEM dit ’n bak, nie ’n bal nie, sal die puriste jou vertel. Want hy’s doelbewus swaarder gemaak aan die een kant – dis die rede dat hy so ’n lui kurwe maak wanneer jy hom rol. En dis juis daai kurwe wat maak dat rolbalspelers sulke komiese passie
Huisgenoot1 min read
5 Vinnige Vrae
1 Wat is die enigste soogdier wat kan vlieg? 2 Watter vitamien kan jy van sonlig kry? 3 Wat is die amptelike taal in Brasilië? 4 Waar is die hoofkantoor van die Verenigde Nasies? 5 Wat noem ons die boonste laag van die Aarde? 1 Vlermuis  2 Vitamien D
Huisgenoot4 min read
’n Blok Vir Sports Op 50
DALK onthou jy nog die soort speelgoed wat jou laerskoolvriende pouses uitgehaal het. Van yo-yo’s tot albasters was deur geslagte algemeen en enigiemand kon daarmee speel. Maar daar is een speelding wat net deur ’n uitgelese groepie kinders baasgeraa

Related