IN BEVERLY HILLS in 2002 skel ’n samesweringsdwaas ’n 72-jarige man omdat dié nie wil “erken” die maanlanding was ’n versinsel nie.
Oplaas gee die ouer man sy teisteraar ’n allemintige opstopper, want sy naam is Edwin “Buzz” Aldrin, en op 21 Julie 1969 wás