Landbouweekblad

Aanteken van prestasie vrypas tot groter wins

Hy het dalk nie die uitdrukking uitgedink nie, maar die wêreldbekende genetikus en diereteler wyle prof. Jan Bonsma word dikwels onthou vir sy gereelde gebruik van “om te meet, is om te weet”. Gegewe Bonsma se baanbrekerswerk, waaronder die ontwikkeling van die Bonsmara-vleisbeesras, steek daar beslis iets in dié eenvoudige beginsel.

Jason Reding van SA Stamboek is deel van die jonger geslag Suid-Afrikaanse vee-genetici wat entoesiasties die spreekwoordelike fakkel voortdra wat Bonsma in die 1930’s aangesteek het. Vleisbeesboere, hetsy stoet- of kommersiële boere, kry waardevolle kennis uit die akkurate en noukeurige meting van kuddeprestasie.

As dié kennis behoorlik verstaan en toegepas word, ontsluit dit presisieboerderypraktyke wat deesdae noodsaaklik is vir groter volhoubaarheid.

“Die uiteindelike doel van aantekening in vleisbeesproduksie is om die winsgewendste beeste te teel. Vleisbeesboere werk met fyn marges wat betref insette, soos voer, en uitset, naamlik beesvleis,” sê Jason.

“As jy teelmateriaal kan inspan wat uiteindelik sal help om deurlopend swaarder bemarkbare speenkalwers uit dieselfde insetkoste te produseer, sal die hoër

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad4 min read
Onstuimige Tyd Wag Op Landbou In SA
DIE kernboodskap van verskeie sprekers op die kunsmisvereniging van Suid-Afrika (Fertasa) se kongres by Muldersdrift was dat daar moeilike tye vir die landbou voorlê, maar dat daar groot vertroue in die sektor is om dit te kan baasraak. “Daar is baie
Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Dragtige Ankole-koei en haar kalf is vir R1 miljoen verkoop op die nasionale Ankole-veiling wat op 1 Junie op die plaas Phala Phala van pres. Cyril Ramaphosa by Bela-Bela aangebied is. Die koei, LUI 19-006, is deur die Cattle Group Farming van Wal
Landbouweekblad2 min read
Boere En Verbruikers Koop Net Nodigste, Beskerm Kontantvloei
DIE hoofredes waarom TWK se kleinhandel-en-meganisasie-afdeling se ebitda (verdienste voor rente, belasting, waardevermindering en afskrywing) in die ses maande tot einde Februarie vanjaar met 29,69% tot R61,53 miljoen gestyg het, was die verbetering