Soort soek soort en sukses trek sukses aan. Só is die verhouding tussen G&M Farming Enterprises, waar Gareth Allen aan die stuur staan van dié vyfdegenerasie-boerdery by Middelburg (Mpumalanga), en Pannar, die saadmaatskappy met sy wortels stewig in die landbou gevestig sedert 1958.
“Een van Pannar se uitstaande kenmerke is die oopdeurgevoel wat sy produsente van die maatskappy kry. Van jou plaaslike verteenwoordiger reg deur tot by Pannar se landboukundiges