Hy is ’n “bliksem” as dit by die seleksie van verse kom, sê Basil Butler, Senepol-stoetboer van Vryburg, oor sy teelbeleid wat daartoe gelei het dat hy vanjaar sy sesde Elitekoei-eerbewys ontvang het.
Sy teeldoelwit begin by ’n goeie koeikudde – sy “fabriek”. Dan selekteer hy net die beste, vrugbaarste verse waaruit hy nóg beter