Weg! Ry & Sleep

Jou proviand en die grens...

Weens bek-en-klouseer, patogene voëlgriep en verskeie plantsiektes is daar tans beperkings op die uitvoer van verskeie Suid-Afrikaanse kossoorte na ál ons buurlande. Suid-Afrika worstel tans met twee soorte voëlgriep: die H5N1-virus wat dekades lank reeds moeilikheid maak, en die H7N6-virus wat meer onlangs kop uitgesteek het. Bek-enklouseer word deur die virus Picornaviridae veroorsaak, en wat plantsiektes betref, is daar té veel om hier te noem.

Ons buurlande beskuldig die Suid-Afrikaanse regering daarvan dat hy halfhartig te werk gaan om die siektes te bestry, en die gevolg is dat Suid-Afrikaanse uitvoere dramaties afgeneem het. Netwerk24 berig Botswana het in 2022 groente ter waarde van meer as R860 miljoen ingevoer, maar weens die verbod het daardie rekening gedaal tot minder as R250 miljoen in 2023. Vir Suid-Afrikaners is dit ’n verlies van R615 miljoen nét in groenteverkope, na net één land...

Maar hoe beïnvloed die verbod op uitvoere jou en my? Op Facebook is daar nuttige groepe soos DriveNam, Drive-Bots, DriveZim en DriveMoz waar jy alles en nog wat kan uitvind oor die heersende toestande in

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Ry & Sleep

Weg: Ry & Sleep3 min read
Wat Wag In 2024?
Die X2 is sedert Maart vanjaar beskikbaar en daar is altesame vier modelle: Die volledig elektriese iX2, die vlagskip-M35i xDrive, die sDrive 19i en die dieselaangedrewe sDrive 18d. Die iX2 gaan nie in Suid-Afrika verkoop word nie, en volgens BMW se
Weg: Ry & Sleep2 min read
Eenvoud Wen
Toyota het sy IMV 0-konsepvoertuig in Desember 2022 bekend gestel, en op daardie geleentheid het Akio Toyoda, Toyota se huidige voorsitter en kleinkind van Toyota-motors se stigter, Kiichiro Toyoda, gesê hierdie bakkie is die vergestalting van Toyota
Weg: Ry & Sleep6 min read
Verrassings Langs’n Grondpad
Die N8-deurpad tussen Kimberley en Bloemfontein laat die wêreld vinnig verbyflits, maar ry gerus eendag die Koffiefonteinpad oor nedersettings soos Oppermansdorp en ’n staalbrug oor die boloop van die Kalkfonteindam. Jy gaan dit aansienlik meer genie