Landbouweekblad

BTW-bedrog: ‘Skade aan bedryf enorm’

SLIMMIGHEDE en planne om so min as moontlik belasting te betaal, of selfs glad nie, is al so oud soos die berge. Verskeie skuiwergate kan binne die wet gebruik word om minder of geen belasting te betaal, maar daar is gevalle, soos met belasting op toegevoegde waarde (BTW), waar belastingbetalers wetend of onwetend die wet oortree.

In die lewendehawebedryf is daar ook praktyke wat ingespan word om die 15%-BTW-koers tot onwettige voordeel te gebruik, byvoorbeeld met die verkoop van vee as voer, en uitmaak van fakture.

Die meeste Suid-Afrikaanse veeboere is vir BTW geregistreer, maar dit is nie verpligtend nie. Die keuse om nie geregistreer te wees nie, maak die wanpraktyke met BTW moontlik. Jy moet jou besigheid vir BTW registreer indien die totale waarde van belasbare goedere of dienste meer as R1 miljoen oor ’n tydperk van 12 maande is, of na verwagting hierdie bedrag sal oorskry.

’n Besigheid kan ook vrywillig registreer as die inkomste wat in die afgelope 12 maande verdien is, R50 000 oorskry het.

Die hantering van BTW in die veebedryf is veronderstel om taamlik eenvoudig te wees, verduidelik prof. Johan

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad6 min read
Wees Só Beter Voorbereid Op Elke Droogtestadium
Die meeste droogtebestuurspraktyke en hulppakkette in Suid-Afrika is nog baie reaktief, maar deur voorkomend op te tree, kan die nadelige gevolge van droogte op die landbou aansienlik verminder word. Daarom is dit nodig dat gebeurlikheidsplanne vir d
Landbouweekblad3 min read
Klopjagte: Klem Skuif Van Werkers Na Boere
TWEE polisievangwaens, drie polisiemotors en twee staatsvoertuie met vyf lede van die departement van binnelandse sake. Dít is die groep wat verlede week onverwags deur Kallie du Toit*, ’n aarbeiboer buite George, se plaashekke gery het om hom en sy
Landbouweekblad2 min read
Land Bank: Likwidateurs Verloor Appèlsaak
IN ’n saak wat al lank voortsleep, het likwidateurs van ’n egpaar van Bothaville bloedneus gekry oor onregmatige prosedures en ontbrekende skriftelike bewyse. Die likwidateurs se appèlaansoek in ’n likwidasiegeding van die Land Bank teen ’n boerdery

Related