Uitvoer dra sowat 52% tot die landbou se jaarlikse inkomste by en het in 2023 nagenoeg R250 miljard beloop.
Die buitelandse mark is belangrik vir die Suid-Afrikaanse landbou en kry eintlik min aandag. Die meeste landboubedrywe voer uit, en party is hoofsaaklik van die internasionale mark vir hul inkomste afhanklik. Plaaslike produksie is ook gekoppel aan uitvoer, aangesien die meeste basiese landbou- en voedselprodukte se plaaslike pryse regstreeks aan die internasionale