DIE departement van water en sanitasie wil deur wysigings aan die Nasionale Waterwet (Wet 36 van 1998) ’n verbod plaas op die oordrag van watergebruiksregte na derde persone, asook dat vergoeding daarvoor betaal word.
In sy kommentaar op die voorgestelde wysigings sê AgriSA in die bestaande wetgewing is die bedoeling met oordragte die bevordering van doeltreffende watergebruik. Sulke oordragte behels volgens AgriSA nie