Landbouweekblad

SA boer wil wêreld se sterkste man word

So naby, maar tog so ver. Dít was die geval toe Jaco Schoonwinkel (32) verlede jaar die eindronde van die grootste sterkmankompetisie op aarde gehaal het, maar toe sy knie-kruisligamente geskeur het en hy hom moes onttrek.

Hy is sedert ’n knie-operasie weer goed op dreef met sy oefenprogram – so tussen die boerdery deur op Kluitjieskraal by Swellendam waar hy saam met sy ouers, Jan en Sanet, en ouer broer, Arno, met Jerseys, Dohne-Merino’s en gesaaides boer.

Jaco is 1,9 m lank en weeg 150 kg – dus ’n groot, sterk man wat ontsag afdwing. Hy oefen vier keer per week anderhalfuur lank in sy tuisgimnasium, en sê in albei beroepe is deursettingsvermoë en bloedsweet noodsaaklik vir sukses.

Hopelik kan hy in Mei vanjaar weer aan die World’s Strongest Man-kompetisie in Myrtle Beach, Suid-Carolina, Amerika, deelneem op pad na sy droom om uiteindelik die wêreldtitel te wen.

“Ek het in

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad4 min read
Plaasverkope
MIDDELFONTEIN (803) 75 ha, aan A.M. Taylor, van G.M. Maytham, R850 000. PUNCH BOWL (799) 33 ha, aan Epty21 Inv Trust, van R.V. Rauch, R3 700 000. DE GROOTEBOOM (373) 546 ha, aan De Grooteboom Industrial (Edms.) Bpk., van A. le Grange, R1 365 000. MOO
Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad8 min read
Nuwe Tegnologie Laat Geleenthede Wink Vir SA Stamboek
Vertel van jou grootwordjare en hoe jy in dieregenetika beland het? Ek is op ’n plaas buite Ventersdorp in Noordwes gebore en het daar grootgeword. My pa het ’n gemengde boerdery bedryf. Ek het op George in die Suid-Kaap gematrikuleer nadat ons daarh