Die tema van wêreldgronddag 2023 wat op 5 Desember gevier is, naamlik “Grond: Waar kos begin”, omvat die belangrikheid van hierdie natuurlike hulpbron. Die statistieke is ontsagwekkend én vreesaanjaend, en toon duidelik die verband tussen grondgesondheid, voedselsekerheid en klimaatsverandering.
■ Slegs sowat 7,5% van die aarde se oppervlak bestaan uit landbougrond waarop kos verbou kan word. Hierdie fraksie ding mee met die mensdom se ander behoeftes en