Huisgenoot

JOU STERRE 2024

DIS ’n jaar van verandering, met Pluto (daardie stadig bewegende dwergplaneet van kragtige transformasie) wat op 21 Januarie uit die konserwatiewe Steenbok na die progressiewe Waterdraer beweeg. En dis waar Pluto tot 2044 bly, afgesien van ’n vinnige terugkeer na die Steenbok van 1 September tot 19 November.

Wat beteken dit alles? Toe Pluto laas so lank in die Waterdraer was (van 1778 tot 1798), het die wêreld die Franse Revolusie, Nywerheidsrevolusie, kolonisering van Australië en die geleidelike afskaffing van slawerny beleef. Verwag daarom vanjaar ontdekkings, vernuwings, rebellies en revolusies. Radikale vernuwing in die velde van die wetenskap, ruimtereise en volhoubare tegnologieë word ook voorspel, en groter mag vir groepe wat voorheen swak in die gemeenskap verteenwoordig was.

Vir mense in die kommunikasiebedryf, media, onderwys en akademiese navorsing breek ’n bloeityd op 26 Mei aan. Die welvaartsplaneet, Jupiter, gaan dan die Tweeling binne, waar dit meer as ’n jaar nesskop.

En die gelukkigste dag van 2024? Dis 2-3 Junie wanneer Jupiter en Pluto politieke hervormings, geldsake en loopbane bevorder.

Maar wat wag in 2024 op jóú? Lees hier wat die sterre vir jou teken voorspel.

RAM (21 Mrt. – 20 Apr.)

LIEFDE EN ROMANSE

Die maansverduistering op 25 Maart kan verborge spanning in ’n verhouding na vore bring, veral as jy jou maat afgeskeep het. Met die vurige Mars in Mei in jou teken sal die liefdesvlam hoog brand. Moenie van 15 tot 28 Augustus maatsoekwebtuistes besoek, op ’n eerste afspraak gaan, die jawoord vra of trou nie, want dan beweeg Mercurius in trurat deur jou romansesone.

GELDSAKE EN GELUK

Die geluksgodin roep! ’n Skielike meevaller of onverwagte geleentheid kan jou geldsake regruk wanneer die welvaartsplaneet, Jupiter, op 20-21 April by Uranus, die planeet van verandering, in jou geldsone aansluit. Sorg dat jy reg is om uit enige gelukskoot munt te slaan. Wanneer Jupiter van 26 Mei tot Junie 2025 deur die Tweeling se teken beweeg, kan jy danksy ’n sibbe, jou bure of ’n kontak in jou buurt ’n slag slaan.

LEEFSTYL

Beplan ’n vakansie of ’n naweek weg vroeg in Junie wanneer Jupiter en Pluto lewe in jou plaaslike

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Elders In Die Wêreld
Twee betogers van in die 80, wat lede is van die groep Just Stop Oil, het die glas oor die Magna Carta gebreek. Die Magna Carta is ’n bitter belangrike geskiedkundige Britse dokument uit 1215 – dis die eerste keer in die wêreld wat erken is dat die k
Huisgenoot4 min read
Hoe Werk ’n Kamera?
‘GOED, hier’s die tydskrif. Help my nou om ’n oulike advertensie te soek vir my skooltaak,” sê Bibi en sit die Huisgenoot op die tafel in die Babbelboomhuis neer. “Kan dit enige advertensie wees?” vra Palawa die kameelperd. “Is jy op soek na iets spe
Huisgenoot5 min read
‘Hy Bly Steeds ons Pa’
HY HET daardie dag tronk toe gegaan om die man te konfronteer wat weens sy ma se moord vasgetrek is. “Ek was gereed om hom die leviete voor te lees, to speak my mind,” vertel Dexter Kannemeyer terwyl hy na die rustelose see hier by Gqeberha se Somers