TYE is moeilik vir só baie mense, en die ombud vir bankdienste, Reana Steyn, vertel haar kantoor word oorval deur vrae en klagtes oor voertuigbeslagleggings.
Hier is sewe dinge wat jy moet weet.
1 AAN WIE BEHOORT DIE KAR?
As jy ’n voertuigfinansieringsooreenkoms met jou bank het, behoort dit wetlik aan jou bank tot jy dit klaar afbetaal het. Eienaarskap word eers na jou oorgedra wanneer die finale paaiement betaal is.
2 WANNEER MAG ’N BANK