Landbouweekblad

Rits rekordpryse en eerbewyse RC verslap nie die pas

Die vreugdevure brand vanjaar uitsonderlik hoog vir RC Malherbe van Hertzogville. Kort ná ’n topbul van hom uit 20 beesrasse deur SA Stamboek bekroon is, troon ’n ander bul uit sy stoetery uit as die interraskampioen uit bulle wat die gouebekerwenners op Suid-Afrika se groot skoue was.

Die aanwysing van Roechama Elevation RCM 19-88 as die bul van bulle op Nampo Alfa was om geen dowe neute nie. Hierdie Vrystaatse rooi Angus-bul was ’n gewilde wenner op die prysuitdeling op Nampo Alfa waar RC die gesogte prys ontvang het.

Net die opperste kampioene van Suid-Afrika se grootste skoue is genooi om deel te neem en RC se Elevation het die jawoord van die ervare beoordelaars gekry as die beste bul wat vertoon is.

Hy was voorheen die interraskampioen op die skoue op Hertzogville, Vryburg en Nampo, asook Bloemskou en die Royalskou. Die ander gouebekerwenners wat in aanmerking gekom het, was die wenners op die skoue op Thabazimbi, Lephalale, Ermelo, Noord-Gauteng, George, Moorreesburg, Parys en Standerton.

Boonop het RC onlangs ook die prys as wenner van Vleissentraal en SA Stamboek se Elitebul-groeitoetsklas ontvang toe Roechama Honey Comb RCM 20-153 uit die topbulle van 20 rasse op die Bloemskou as die algehele wenner aangewys is. Bulle kom in aanmerking op grond van hul groeisyfers, maar word visueel beoordeel.

Teling en genetiese seleksie

RC en

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit