Barbie het die wêreld op hol.
Wie sou kon dink hierdie blonde plastiekpop, wat in 1959 deur die maatskappy Mattel op die Amerikaanse speelgoedskou in New York bekendgestel is, sou die wêreld (opnuut) oorrompel?
Op die nuustydskrif TIME se voorblad in Julie vanjaar lui die opskrif: “Die jaar se verrassendste rolprent vind menslikheid in ’n ikoniese pop.”
Sy’s pienk en prettig, onbeskaamd Barbie.
Barbie-manie het gevolg op die uitreiking van die musiek-satire Barbie in Julie. Binne twee weke het die rolprent meer as een miljard dollar by die loket verdien.
Die aanvanklike “oer-Barbie” was die stereotipiese verpersoonliking van vrouwees: golwende blonde hare, ’n Audrey Hepburn-middeltjie, lang Mej. Wêreld-bene en wulpse buuste. Warner Brothers Pictures se Barbie, met die Australiese langbeen-skoonheid Margot Robbie in die titelrol, lyk óók so.
Maar in die fliek steek Barbie die grens oor van die pienk fantasiewêreld na die werklike lewe, danksy draaiboekskrywer Greta Gerwig, bekend vir vroue-rolprente soos Lady Bird (2017) en Little Women (2019).
Barbie ontdek haarself en word bemagtig. Dis ’n feministiese rolprent, sê Gerwig self.
Duidelik vind kykers aanklank hierby.
Volgens Mattel word daar steeds elke sekonde tussen twee en drie Barbie-poppe wêreldwyd verkoop – meer as ’n miljard sedert sy haar debuut gemaak het. Vandag is Barbie nie net blond, wulps en rietskraal