Landbouweekblad

Beter eienskappe kan koringplante pantser teen hitte

Klimaatsverandering kan droogtes veroorsaak en tot gevolg hê dat gemiddelde dag- en nagtemperature toeneem, of dat temperatuur wisselvalliger raak met meer of minder koue en warm uiterstes in die vorm van ryp en hittegolwe.

Dit hou verreikende gevolge vir koringplante in omdat opbrengste skerp kan daal as gevolg van langdurige blootstelling aan die ongunstige toestande.

Dr. Elmarie van der Watt van die departement grond-, gewas- en klimaatswetenskap aan die Universiteit van die Vrystaat het onlangs verduidelik wat met strukture en funksies in koringplante gebeur as hulle aan hitte, droogte en ryp blootgestel word.

“Koring is baie gevoelig vir hittestres. Vir elke verhoging in temperatuur van 1°C bo die optimum temperatuurreeks van 19-22 °C in die blomvorming- en graanvullingstadium, verlaag opbrengs met 6%.”

Volgens haar gebeur dit omdat plante in normale toestande water opneem en transpireer. “As daar nie water is nie, neem transpirasie af. Dit veroorsaak dat water stadig uit die blare verlore gaan en die blare se temperatuur verhoog. Die plant doen dan hitteskade op.”

Van der Watt het op Bewaringslandbou Wes-Kaap se jaarlikse BLWK Jack Human-bewaringsweek by Elsenburg gesê bewaringsboerderypraktyke

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad1 min read
Met Dié Sonpomp Het Jy Altyd Genoeg Water
Cedar bied ’n verskeidenheid pompreekse, waaronder klein DC- (gelykstroom) pompe wat ideaal is vir veesuipings. Die Multiflow-reeks is Cedar Solar se vlagskip-boorgatpomp, wat met gelykstroom én wisselstroom (AC) kan werk. Die tegnologie in dié pompe
Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Dragtige Ankole-koei en haar kalf is vir R1 miljoen verkoop op die nasionale Ankole-veiling wat op 1 Junie op die plaas Phala Phala van pres. Cyril Ramaphosa by Bela-Bela aangebied is. Die koei, LUI 19-006, is deur die Cattle Group Farming van Wal
Landbouweekblad1 min read
Landbouweekblad
Redaksie KAAPSTAD Heerengracht 40, Posbus 1802, Kaapstad 8000 Redakteur Chris Burgess (chris.burgess@landbou.com) Inhoudshoof Nelia Richter (nelia.richter@landbou.com) Produksiebestuurder Gretchen Peiser Spesialisskrywer Amelia Genis Joernaliste Luc