‘Onkonvensionele’ El Niño bring hoop vir somergrane
Daar is aanduidings dat die huidige El Niño-stelsel nie so sterk gaan wees as wat aanvanklik voorspel is nie. Die moontlikheid bestaan ook dat ’n sogenoemde Modoki El Niño kan ontwikkel, sê Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige. Met só ’n weerstelsel ontwikkel warmer seetemperature oor die sentrale deel van die Stille