DIE dreuning het diep uit die aarde se binnegoed gekom op nog ’n snikhete someraand in Marokko. Dit het nie lank geduur nie – korter as ’n minuut – maar in daardie tyd is duisende mense se lewe vir altyd verander.
Die aardbewing, wat 6,8 op die Richterskaal gemeet het en 19 minute later gevolg is deur ’n naskok van 4,9, was die sterkste een wat Marokko in