Tuis

SPOG MET JOU vettes!

Gee jou verbeelding vrye teuels as dit by vetplante kom, want met dié waterwys staatmakers is daar geen einde aan die moontlikhede om die perfekte prentjie te skep nie.

# 1 HANG HULLE OP

Vetplante met hul vlesige blare is perfek vir ’n hangmandjie. Hulle kan vir lang tye sonder water oorleef en maak ’n pragtige vertoning. Baie vetplante se groeiwyse is geskik hiervoor, selfs ’n jong aalwyn. Volg jou instink en plant wat vir jou mooi is. Só maak jy jou eie hangmandjies:

Wat jy nodig het

• draadmandjie

• klapperhaar (opsioneel)

• goeie, krummelrige potplantgrond wat goed dreineer

• organiese kunsmis

• ’n verskeidenheid vetplante

SÓ MAAK JY

Begin deur die hangmandjie met klapperhaar uit te voer as dit nie reeds so ’n voering het nie. Vul dit halfpad met die potplantgrond en meng ’n hand vol kunsmis daarby. Besluit hoe jy die vetplante wil rangskik. Dink daaraan dat jy besig is om ’n mini-tuin in die mandjie te skep. Begin met die middelpunt en plant rondom dit. Vul die mandjie op met potplantgrond en maak goed nat. Voed die plante elke sowat twee maande met ’n organiese kunsmis soos Talborne. Jou mandjie sal heeljaar

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Tuis

Tuis4 min read
Trek In En Maak Reg!
WIE WOON HIER? Gill AlldermanWAAR Kommetjie, Wes-KaapGROOTTE 442 m2 Gill se mandjieversameling in die kombuis (oorkant ) en sitkamer (sien ook bl. 67) bring tekstuur in en komplementeer die seegrasmat op die trap na die biblioteek en slaapkamers op
Tuis2 min read
Kos & drank
Geometriese servette (stel van 2) R350, byjohndesigns.com Bibby’s More Good Food (R480, Penguin Random House) is die tweede resepteboek deur die kos-inhoudskepper Dianne Bibby. Daar’s maklike en veelsydige resepte vir alles van elegante mengeldrankie
Tuis2 min read
SKRYF IN & WEN!
Laat dít jou mantra wees wanneer jy weer ’n huisverbetering beplan. Dit maak mos sin om enige opknap aan te pak met die oog op die toekoms, en watersekerheid bo-aan jou lys. JoJo, die hoofborg van ons jaarlikse Regruk met Flair-kompetisie, is Suid-Af

Related