DIT was ’n tragiese ongeluk in Maart 2017 wat James Johnson (destyds 43) se arms en bene verlam gelaat het. Hy het aan ’n sport deelgeneem wat behels dat ’n mens ’n propeller en ’n valskerm aan ’n sitplek met wiele vasmaak en tot 3000 m hoog deur die lug trek.
Toe hy in die hospitaal wakker word, was hy oortuig daarvan sy lewe is verby. James, ’n verpleër en pa van vier, het sy nek gebreek en was ’n kwadrupleeg. Hy het gehoor hy sou nooit weer loop nie.
“Hoekom het jy hulle toegelaat om my aan die lewe te hou? Kyk na my!” het ’n wanhopige James sy vrou gevra.
Nou, ses jaar later, moet hy steeds voltyds versorg word. Hy kan sy arms beperk beweeg – hy kan net een van sy vingers effens roer – en sy bene glad nie. Maar binnekort gaan hy dalk ’n kar bestuur – alles te danke aan die krag van sy verstand.
James is een van net meer as 30 mense ter wêreld op wie ’n “brain-computer interface” of BCI ingeplant is. Dié stel elektrodes is in sy brein ingeplant en met ’n rekenaar verbind, wat dan sy gedagtes interpreteer en dit via elektroniese toestelle in aksies omsit.
Die tegnologie gee hom vermoëns op die oog af soortgelyk aan telepatie en telekinese.
As jy na hom kyk, sien jy aangeskroefde boute by sy skedel uitsteek. Dit bedek buise wat verbind is met kabels wat sy breinaktiwiteit aan rekenaars deurvoer en hom so in staat stel om kuns te skep, e-pos te skryf en selfs rekenaarspeletjies te speel – alles deur bloot daaraan