NUUS
SA JAGTER/HUNTER VERWELKOM NUWE SUBREDAKTEUR: BEWARING
In hierdie uitgawe sê ons welkom aan Lizanne Nel, die tydskrif se nuwe Subredakteur: Bewaring. Lizanne is die afgelope paar jaar die bewaringsbestuurder by die SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SAJWV). Sy het haar loopbaan as ekoloog begin en 23 jaar vir die regering gewerk in omgewingsake, waar sy betrokke was by ekologiese advies aan wildboere, reservaatbestuur en monitering, die skryf van wetgewing, navorsing, bewaringsprojekte en verteenwoordiging van Suid-Afrika op internasionale forums.
As ekoloog met ’n ekonomiese agtergrond (M.B.A.) werk sy hard om verantwoordelike jag te posisioneer as ’n kernstrategie in volhoubare bewaringsbefond-sing en -bestuur, landelike sosioekonomiese