EEN aspek van Suid-Afrikaanse rugby bly wêreldklas: die gehalte van ons spelers se byname.
Ek twyfel of enige sportsoort ter wêreld – rofstoei inkluis – al sulke pragtige byname opgelewer het.
Luister net na die name wat opduik: Doppies la Grange, Fudge Mabeta, Bakkies Botha, Beast Mtawarira…
Die groot vraag is hoe sou ’n Springbokspan lyk wat net op grond van die gehalte van die spelers se