Die grootste fout wat die Kostergemeenskap gemaak het toe hy met die hulp van ’n hofbevel die dorp se riool-en-watersuiweringsaanleg oorgeneem en herstel het, was om suksesvol te wees.
Willie Jones, ’n ingenieur wat grootliks vir die herstelwerk verantwoordelik was, sê die owerhede sou wou sien dat hulle misluk en toe hulle suksesvol was, is alles moontlik gedoen om hul goeie werk te