Hoekom sien ’n mens soms dat die wilde plante op die wenakker floreer, terwyl die aangeplante monokultuurgewas op die land tekens van hitte- of droogtestremming toon? Die antwoord is in die plant self te vinde.
Wilde plante besit genetiese eienskappe wat hulle weerstandbiedend maak teen matige stremmingsfaktore, sê die wetenskaplikes van Agraforum. Dié maatskappy spesialiseer in die optimalisering van gewasgesondheid en doen