Die Tuinier Tydskrif

Buksbome vir klein tuine

Namate tuingroottes aanhoudend krimp, het min mense ongelukkig plek vir groot, toringhoë bome in hul agterplase. Dit beteken nie jy moet jou boomkweekdrome laat vaar nie – klein boompies is die oplossing.

Perfekte boompies om te kies

Buddleja saligna (witolienhout)

Hierdie klein, vinnig groeiende immergroen boompie kan 3 m tot 5 m hoog word wat dit ideaal maak vir klein tuine of groot potte. Die digte blaardak van smal grysgroen blare herinner aan ʼn olyfboom en dit dra ook klein wit blommetjies wat skoenlappers en ander bestuiwers lok. Hierdie droogtebestande minsorgboom is perfek vir stadstuine.

Dais cotinifolia (kannabas)

Die gewilde kannabas is bladwisselend en word ongeveer 4 m tot 6 m hoog. Dis uiters bekend vanweë sy skouspelagtige vertoning van

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Die Tuinier Tydskrif

Die Tuinier Tydskrif1 min read
Skoenlappertuinmaak
Buiten die estetiese aantrekkingskrag, dien skoenlappertuinmaak ook as ʼn opvoedkundige platform vir kinders en is ekologies belangrik. Skoenlappers in jou tuin dui op die skakel met die plaaslike ekostelsel, en die vestiging van ʼn skoenlappertuin kan
Die Tuinier Tydskrif2 min read
Wat Om Te Doen Mei
Nog tyd om boontjies, blaarslaai, radyse, uie, beet, preie en wortels in koue en gematigde streke te saai. Hou die saadbakkies goed beskut en warm. Saai die saad in enkel-of dubbelrye 15 cm uitmekaar met ’n gaping van 75 cm tussen die dubbelrye om jo
Die Tuinier Tydskrif1 min read
SitroenVerbena
Sitroenverbena (Aloysia citrodora) is ’n uitstekende kruid as ’n plaasvervanger vir ’n groot suurlemoenboom. Uit al die suurlemoengeurige kruie is hierdie een die suurlemoenagtigste, so dit is goed vir ’n plek naby die kombuis om gereeld te gebruik.