Tuis

Elke kamer VERTEL ’N STORIE

WIE WOON HIER? Hannes Stander en DP Ferreira, ’n groot familie honde en drie Maine Coon-katte
WAAR Knysna
GROOTTE 7 000 m²
GRONDTIPE Klei
OUDERDOM VAN TUIN 15 jaar

Waar daar eens feitlik geen tuin was nie, het Hannes Stander en DP Ferreira ’n lushof geskep waarin hulle hul liefde vir blomme en tuinmaak kan uitleef. “Ek het begin deur vir die hele tuin ’n meesterplan te teken wat ons stuk-stuk uitgevoer het,” vertel Hannes, wat ook eienaar van die tuinontwerpbesigheid Ecozest is. “Hier en daar het ons dit met verloop van tyd effens aangepas, maar die basiese plan het dieselfde gebly. As jy met ’n groot ruimte soos dié werk, is dit goed om ’n plan te hê sodat jy weet waarheen jy op pad is. Wanneer jy dan geld, tyd en energie het, kan jy die volgende deel aanpak, want jy weet reeds wat jy daar wil doen. Al is ons tuin nou al vyftien jaar oud, is dit steeds aan die ontwikkel en moet daar nog ’n hele paar goed gebeur.”

Highacre word met twee hoof-asse in vier tuinkamers verdeel. Die een as is ’n gekompakteerde grondvoetpad van 3 m), die ander ’n prieel waaroor rankrose, bloureën () en inheemse klimop () groei.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Tuis

Tuis2 min read
Ons Lesers Sê
Melissa van der Colff van Upington skryf Dankie aan Tuis vir die artikel “Gelukkige sonvangers” (Desember 2022 | Januarie 2023). Kort daarna was dit vir ons geliefde ma, Malinda van der Colff, tyd om ons te groet. Haar tuin was haar lewe en die art
Tuis3 min read
Diere-maniere
Watter een van dié drie is Gucci die dwergpoedel? – Mari Viviers, Paarl Tansy en Teagan geniet mekaar se geselskap. – Chandré de Wit, George Chloe die Ragdoll-katjie verlustig haar in die geur van die dahlias. – Penny Mowbray, Gqeberha Mossel stel ’n
Tuis1 min read
Blokraai #176
Lesers weet baie van Dana Snyman omdat hy ons jare lank al deur sy skryfwerk inlaat in sy leefwêreld. Maar dat hy oneervol uit die weermag ontslaan is, is nie iets wat hy aan die groot klok gehang het nie. Tot nou met Seun, sy rou onthou van sy ervar

Related