Een van my grootste tekortkominge as beroepsjagter, voel ek, is my gebrek aan die vermoë om vreemde tale te praat. Ek praat Afrikaans en Engels vlot, het ’n beperkte woordeskat in isi-Xhosa en Sesotho en probeer om elke keer wanneer ek ’n anderstalige persoon ontmoet, te leer groet en dankie sê in sý taal. Dit is verbasend hoe ver ’n mens kan kom met “hallo” en “dankie”, maar dit is nie altyd voldoende nie, soos my ervaring met ’n Franse jagter in die vroeë 2000’s duidelik illustreer.
Die Fransman en die eienaar van die plaas waar ek jag, sit woordeloos langs ’n soetdoringvuur na mekaar en staar wanneer ek laatmiddag by die jaghuis aankom. Ek het my vorige jagter, ’n Amerikaner, vroegoggend op die lughawe afgelaai en daarna die nodige inkopies vir dié jag gedoen. ’n Vriendelike toergids het ons Franse jagter kom aflaai en aan die eienaar, wat ook die jagondernemer is, verduidelik wat op die Fransman se wenslys is. ’n Bosbok, ’n koedoe en ’n groot damhert. Hoekom iemand al die pad van Europa na Afrika sal reis om ’n takbok te jag, gaan my verstand te bowe en ek besluit om op die bosbok en die koedoe te fokus.
My vrou dra versnaperinge aan en”, “” en “” het ons nie veel vir mekaar te sê nie. Onder ons loop die rivier deur ’n digte strook bos en skielik kry ek ’n onverwagte aan-val van inspirasie. Ek beduie na die natuurprag onder ons, grawe diep in my geheue en sê-vra: “?” Ons Europese gas knik entoesiasties “,” en só leer die eienaar van hierdie pragtige plaas sy eerste Franse woorde. Hy oefen dit ’n paar keer – “” – en kry die uitspraak perfek reg. “Klink of die man ’n nood het,” spot hy.