DIE stryd wat die kanolabedryf vanjaar weer gevoer het om die regte saad betyds in Suid-Afrika te kry, het die belangrikheid van die vloei van saad tussen lande opnuut beklemtoon.
Andersins pluk Suid-Afrikaanse boere al jare lank die vrugte van die boerderyproduktiwiteit en goeie oeste wat nuwe mielie-, koring- en garskultivars en aangepaste verbouingspraktyke selfs in ongunstige toestande gee.
Dít is ongelukkig nie alle boere in Afrika beskore nie. Op die internasionale saadfederasie (ISF) se kongres in Kaapstad moes afgevaardigdes hoor dat net 10% van die boere in sommige Afrikalande toegang tot die nuutste saadkultivars het.
In 2020 is 7,2 miljoen ton saad teen ’n geraamde waarde van $15,8 miljard (R296 miljard) wêreldwyd uitgevoer.
In reaksie op sommige lande se neiging na proteksionisme het Marcus van Leeuwen, president van die ISF, gesê dit moet moontlik wees om “ouerlyne van ’n teelinstelling in land A