Landbouweekblad

PRUIMBEDRYF IN PYN WAARHEEN NOU?

Die pruimbedryf sal daarby baat vind om een miljoen tot twee miljoen kartonhouers minder te produseer, maar het ook ’n kommersiële plan nodig om elke kultivar in die beste tydvak moontlik te bemark om die bedryf weer op die wenpad te plaas.

“Vandat ons plant tot aan die einde van die produksieketting moet ons aan winsgewendheid dink,” het mnr. Pietman Wessels, landbou-ekonoom by Frudata, tydens ’n paneelbespreking op Hortgro se tegniese simposium op Somerset-Wes, gesê.

Hoewel talle uitvoergerigte bedrywe hulle vanjaar in stormwaters bevind het weens ongekende probleme in die internasionale en plaaslike logistieke ketting, het pruimboere behoorlik gebloei.

Volgens me. Karin van Rensburg, tegniese bestuurder by In2Stone, het pruimboere goed geld gemaak tot die 2014-’15-seisoen, maar nie die afgelope twee jaar nie.

Mnr. Hubert Leclercq, besturende direkteur van RuBisCo, het die afgelope seisoen as die perfekte storm beskryf.

“Daar was die ongunstige klimaat, logistieke probleme wat ’n invloed op gehalte gehad het, kostestygings, die oorlog in Oekraïne wat niemand kon voorspel nie, maar wat gevolge vir pruime gehad het omdat daar skielik baie vrugte beskikbaar geraak het en die rand wat sterk bly, veral aan die dollarkant.”

Boonop was dit die grootste oes nóg wat verkoop moes word. Me. Annelie Haumann, besturende direkteur van Stems Fruit, sê ná die droogte was daar stywe groei in pruimuitvoer. In die 2019-seisoen is 9 miljoen kartonhouers uitgevoer, verlede jaar was dit 15,2 miljoen kartonhouers en vanjaar 15,5 miljoen kartonhouers.

“Ongelukkig is ons in dieselfde periode getref deur covid-19, wat ons van baie bemarkingsgeleenthede beroof het. Ons het veral ons groothandelmarkte, waar ons baie van ons groter vrugte verkoop het, verloor, maar daar was ook ’n impak op kleinhandel en ons bemarking oor die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit