Baba & Kleuter

VEILIG SPEEL

VEILIGHEID IN EN OM DIE HUIS

■ Hou ’n lys van noodnommers by alle telefone en stoor dit op jou selfoon. Gebruik die akroniem ICE (In Case of Emergency) voor elk van hierdie kontakte sodat die nommers maklik is om in ’n noodsituasie op te spoor.

■ Hou verwarmers in ’n goeie werkende toestand, buite jou kind se bereik en ten minste 1m weg van gordyne, papier of meubels wanneer dit aangeskakel is. Gebruik beskermende bedekkings.

■ Maak seker dat elektriese koorde nie rafels het of oorlaai word nie, en buite bereik is. Alle kragpunte moet veiligheidsbedekkings hê.

■ Installeer veiligheidshekke vir peuters aan die bo- en onderkant van alle trappe en verseker dat die sterkte van trappe, relings, buiteportale en balkonne nagegaan is.

■ Installeer veiligheidsknippe of -slotte op alle kaste, yskaste, laaie en toilette.

■ Sorg dat alle blindings se koorde buite bereik is.

■ Maak seker dat alle medisyne, vitamiene, skoonmaakprodukte, huishoudelike gif, skeermeslemmetjies en skêre veilig gebêre is in houers wat kinderbestand is.

■ Hou hoë stoele weg van die stoof en sit potte op die agterkant neer met handvatsel wat na binne wys.

■ Maak seker alle speeltoerusting in die tuin is korrek gemonteer bo-op ’n sagte, gelyke oppervlak, soos sand of houtskerfsels.

■ Verwyder giftige plante of plante met dorings uit die tuin.

■ Sien toe dat jou motorhuis se deur en elektriese hekke veiligheidsmeganismes het wat die deur laat

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Baba & Kleuter

Baba & Kleuter2 min read
Eers Gevries, En Toe Vroeg!
Cameron het ons almal verras deur vroeg op te daag. Ek was nog veronderstel om die dag by die werk te wees! Die plan was om met my dag se werk klaar te maak en dan ’n oorhandiging te doen aan ’n kollega, maar dit het nooit gebeur nie, want teen vyfuu
Baba & Kleuter1 min read
Inkopies Vir Baba
As jy in die mark is vir ’n nuwe kinderoppasser en jy weet nie waar om te begin nie, is hierdie boek ’n moet. Lara Schoenfeld is op ’n missie om werkende ouers en kinderoppassers te help om saam te werk sodat die kleingoed gelukkig en gestimuleer bly
Baba & Kleuter1 min read
Mooie Afrika!
KOOP NOU Unicorn Moonmuurkuns vanaf R130, Moonchildsa.co.za KOOP NOU Whimsical Crescent Moonmuurkuns vanaf R130, Moonchildsa.co.za KOOP NOU KOOP NOU Kubus-rak vanaf R2 249, Moonchildsa.co.za KOOP NOU KOOP NOU KOOP NOU KOOP NOU KOOP NO