Landbouweekblad

Hommeltuie ál meer onmisbaar op plase

REEKSTEGNOLOGIE 360

Dit is die veelsydigheid van hommeltuie en hul vermoë om die nuutste tegnologie met presisie te kombineer vir akkurate toepassings, wat hulle so vinnig ’n onmisbare gereedskapstuk in byna elke faset van boerdery gemaak het.

Hommeltuie word deesdae toegerus met verskillende kamerategnologieë. Dit wissel van LiDAR, waar lig en laser ingespan word om afstand te meet en só tipografiese beelde te skep, tot multi-spektrale toestelle wat data in ’n spesifieke golflengte van die elektromagnetiese spektrum vasvang deur verskillende filters – self frekwensies wat nie met die oog gesien kan word nie, soos infrarooi en ultraviolet. Met die regte sagteware bied hierdie beelde insig oor aspekte soos plant- en dieregesondheid, grondvog en watervloeipatrone wat die raaiwerk uit boere se besluitneming haal.

Daarna kan die werkesels ingespan word: Die hommeltuie wat vrag kan dra en met byna chirurgiese presisie spuitwerk kan doen, saad kan strooi, vee kan aanjaag, medisyne kan aflaai en selfs kan help om gronddamme te seël.

Landbouweekblad het by ’n paar kenners op die gebied van hommeltuie in die landbou gaan kers opsteek om te hoor hoe en waar hulle hierdie wondergereedskapstukke oral gebruik.

Van vliegtuie tot hommeltuie

Thinus Pretorius is ’n hommeltuigvlieënier wat sy hommeltuie en dienste aan boere reg oor Suid-Afrika uithuur. Hy is een van die min hommeltuigoperateurs wat ook lisensies het om vastevlerkvliegtuie en helikopters te vlieg.

Sy werksaamhede met hommeltuie het begin toe hy ’n vriend gaan help het om wild te tel met

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Troppie van die Hoër Landbouskool Oakdale se Jersey-koeie aan die wei buite Riversdal. Oakdale bedryf ’n kommersiële suiwelafdeling wat ’n groot bydrae tot die skool se inkomste lewer. Benewens dat die kudde vanjaar een van net ses platinumtoekenn
Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com WENBRIEF ’n Mens kan maar sê dat ek reeds byna my vervaldatum bereik het, maar ek dink met groot seer aan jong mense wat nog hul lewe moet leef en hul ideale verwesenlik wil sien. Hoe sien hulle hier
Landbouweekblad3 min read
Veediefstal Is ’n Spesialismisdaad
’N VEEDIEFSTALSAAK is van die moeilikste sake om te ondersoek omdat dit in die buitelug plaasvind en deurslaggewende leidrade weens verskeie faktore, soos reën en versteuring van die misdaadtoneel, vernietig kan word. Só sê Louis Wessels, voorsitter