STANDPLAAS A12-14, A16-17 PROMOSIE
Die tema van John Deere vanjaar is: Saam met jou deur elke seisoen. Deur die goeie en slegte tye, deur die veranderde weersomstandighede van ’n La Niña- of El Niño-verskynsel, winter en somer – John Deere is doelgerig om hande te vat en saam met jou te stap deur elke seisoen.
As John Deere-bloed deur jou are vloei, is die Nampo-oesdag ’n besonderse geleentheid om die nuutste trekkers, werktuie en tegnologie te kom besigtig wat deur