“Jou reëls is te streng. Ons gaan die vriende en familie wat al jare hier kom jag, afskrik.” Die eienaar van die jagplaas waar ek begin om die jagbedryf op ’n “meer professionele grondslag te plaas”, lees my gelamineerde plakkaat met die bepalings en voorwaardes vir jagters wat ek teen die lapa se muur by die jagkamp opsit.
Niks is streng nie – dit noem net die nor-male beginsels van vuurwapenveiligheid naby ’n voertuig en in en om die jagkamp. Dit blyk gou dat die logiese verbod op die vermenging van dryfmiddel en alkohol die bron vir die kommentaar is.
In haar onlangse trefferboek, Cries of the Savanna, wat ontstaan het as aantekeninge ty-dens ’n jagsafari van 23 dae wat outeur Sue Tidwell en haar man Rick in Tanzanië gedoen het, vertel sy onder andere van hulle jagekskursies in die deelstaat Idaho in die noorde van die VSA waar hulle woon. Dit het my herinneringe as jaggids in Colorado en Wyoming weer wakker gemaak.
Jag in die VSA is harde werk, veral as jy ’n permit gekoop het om op openbare grond te jag. Geen voertuie word toegelaat nie. Jy parkeer jou bakkie waar die servituutpad ophou en) of elk geskiet het, slag jy hom daar in die veld en dra hom boud vir boud en blad vir blad die kilometers terug na jou bakkie toe. Spesiale drarame word daarvoor verkoop. Die karkas word in die veld met takke toegepak en van jou klere word bo-oor gegooi om swartbere en bergleeus weg te hou terwyl jy bakkie toe stap. Die temperatuur is nooit bo vries-punt nie, so die karkas in die veld en die vleis in jou bakkie bly koud.