Idees

FRANSE KOMBUIS

LET WEL: As jy, soos ons, linne vir jou projekte gebruik, was jou materiaal voordat jy begin. Stel die masjien op 60 grade Celsius en tuimeldroog die materiaal ná die tyd, sodat dit reeds gekrimp en sagter is voordat jy daarmee begin werk.

GORDYNTJIES

projek MARIETJIE VAN WYK

MOEILIKHEIDSGRAAD: medium

TYD: 3 uur

JY BENODIG

♥ linne- of katoenmateriaal
♥ bypassende masjiengare
♥ naaldwerkskêr
♥ kopspelde of materiaalklampies
♥ maatband
♥ merkpen

SO MAAK JY

1 Meet die openinge wat jy met die gordyntjies wil toemaak en tel minstens 50 cm by vir die val bo, die some asook vir die maak van die lussies. Bereken hoeveel meter materiaal jy benodig.

Voor jy knip, maak eers ’n skets, vermenigvuldig die breedte met 1,5 om ’n bietjie volheid te kry, maar nie te veel nie, en tel 5 cm aan weerskante by vir die syrandsoompies en 10-15 cm vir die soom aan die onderkant. Onthou, dit moet gewig aan die gordyne gee. Tel vir die val minstens 20-30 cm by die lengte

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Idees

Idees2 min read
Van Die Redakteur
KONTAK MY BY terena@ideasfactory.co.za instagram.com/terenaleroux Maandagaand sit ons klassie soos gewoonlik om die tafel, slaggereed om in Italiaans te gesels dat dit gons. Maar dié keer is dit effe anders. Ons nuwe onderwyseres uit die noordooste v
Idees2 min read
Vanieljekoekies Op 4 Maniere
Maak: omtrent 30 koekies Bereidingstyd: 1 uur, plus yskastyd Baktyd: omtrent 15 minute per baksel Oondtemperatuur: 170 ºC ♥ 250 g (270 ml) sagte botter ♥ 140 g (160 ml) strooisuiker ♥ 2 groot eiergele ♥ 5 ml vanielje-ekstrak ♥ 360 g (660 ml) koekmeel
Idees1 min read
Blokkie Blom
MOEILIKHEIDSGRAAD: maklik TYD: 8 uur ♥ denimmateriaal ♥ borduurgare ♥ borduurnaald ♥ borduurring ♥ skerp skêrtjie 1 Ons het blomme na willekeur sonder 'n vaste ontwerp op die denimmateriaal geborduur. 2 Die madeliefies is met satynsteek gedoen en Fra