Die afgelope twee dekades het die landskap vir landboubesigheid aansienlik verander en die tradisionele landboukoöperasie het ’n gedaanteverwisseling ondergaan.
Daar is min van die oorspronklike landboukoöperasies oor wat nog voortbestaan in die ware sin van ’n koöperasie. Verskeie het omgeskakel in maatskappystrukture. Enkeles het nog die beginsel behou dat boerderylede die ledebelang behou en dat die besigheid in ’n soort koöperasievorm bedryf word.
Die landboubesighede speel nog ’n groot rol in die landbou en die groot landbou-ondernemings het hoofsaaklik in die