Van bier tot botter, hier is 10 huishoudelike produkte wat jy vir gesplete punte en droë, lewelose hare kan inspan. En die beste is: ál die wenke werk vir enige haartipe!
1. APPELASYN
Appelasyn kan vir byna enigiets gebruik word, maar wie sou kon raai dat dié produk jou hare kan laat blink en nuwe lewe kan gee? Probeer hierdie appelasyn-masker:
Maak só:
Meng 1 teelepel appelasyn met 2 eetlepels olyfolie en 3 eierwitte. Vryf hierdie mengsel in jou hare en bedek dit