Huisgenoot

ALTERNATIEWE KRAGOPLOSSINGS

DIE afgelope tydjie se kortstondige verligting van gereelde beurtkrag het baie mense laat hoop die dae van daaglikse kragonderbrekings is dalk vir eers verby.

Maar helaas was dit waarskynlik net tydelike troos.

Eskom se kwale ken geen einde nie, en ’n wankelende kragnetwerk sal nog lank ons voorland bly.

Met beurtkrag wat deesdae eerder die reël as die uitsondering is, ondersoek almal pal bekostigbare oplossings om die krag aan te hou. En hoewel kenners predik sonkrag is die beste, groenste, volhoubaarste oplossing vir huishoudings, bly dit ’n duur uitweg – haas onbekostigbaar vir die meeste mense.

Daarom het ons by kenners gaan aanklop vir ’n eenvoudige, verstaanbare uiteensetting van die drie algemeenste alternatiewe oplossings teen beurtkrag: die gebruik van omkeerders, kragopwekkers en gas.

As ’n sonkragstelsel jou nie beskore is nie, vergelyk dié drie moontlikhede vir jou huishouding om te kyk wat jou die meeste sal help.

OMKEERDERS

Wat is dit?

’n Omkeerder word ook ’n wisselrigter, omsetter of omskakelaar genoem – oftewel ’n “inverter”, soos dit in Engels bekend is.

Dit werk met batterykrag. Jy kan die batterye afsonderlik of saam met jou omkeerder aanskaf.

Wanneer beurtkrag inskop, gebruik die omkeerder die krag van die batterye om noodsaaklike toebehore of ligte in jou huis aan te hou.

Die battery word deur die Eskom-krag herlaai wanneer die krag weer aangaan, of dit kan herlaai word deur ’n ander kragbron, soos ’n sonkragstelsel of kragopwekker.

Die kerngebruik van

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Afrikaans Ensovoorts
’n “Bewering” is as jy sonder bewys ’n mening verkondig. So hoor ek. “Beweer” kom van “bewaar” – letterlik iets wat jy wil waar maak. Oftewel “bewaarheid”. En só het bewaar ook begin beteken dat jy iets in stand hou. Jy pas dit mooi op. Dié groepie w
Huisgenoot2 min read
Wil Jy ’n Skrywer Word?
Het iemand al vir jou gesê jy skryf mooi opstelle? Of dink jy self jy skryf nogal oulike stories? As jy ’n groot begeerte het om eendag jou stories in ’n tydskrif of boek te sien, moet jy dadelik vir die Kommadagga-slypskool inskryf. Dit word vir die
Huisgenoot2 min read
Flitsvrae: Katinka Oosthuizen
Wat is geluk vir jou? Om content te wees. Wanneer en waar was jy op jou gelukkigste? Die dag toe ek getrou het. Toe ek so by die aisle afstap en my man tjank, toe dink ek: “Mm, nou is ek gelukkig.” Wat verveel jou? As iemand net oor hulself praat. Wa