Landbouweekblad

SÓ FNUIK BOER ESKOM SE BEURTKRAG

Hy wil voortbou op sy sukses as besproeiingsboer, maar beurtkrag steek kort-kort ’n stok in die wiel. Daarom moes mnr. Jan van Heerden (41) ’n plan maak om Eskomkrag, kragopwekkers en sonkrag te kombineer om in ál sy behoeftes aan elektrisiteit te kan voorsien.

Hy boer op 200 ha besproeiingsgrond by Hartswater in die Vaalharts-besproeiingskema en was onlangs in die nuus toe hy met sy eerste probeerslag nóg met sojabone die boerpot gewen het deur die hoogste opbrengs van 6,28 t/ha met dié gewas onder besproeiing in Graan Suid-Afrika se Groei vir Goud-opbrengskompetisie te behaal.

Hy plant ses gewasse, naamlik sojabone, mielies, koring, katoen, hawer en lusern in ’n wisselboustelsel, het 40 ha pekanneutboorde en boer ook met beeste en wild op 1 800 ha buite Vaalharts. Hoewel sy pa, Boeta, al afgetree het, staan hy sy seun met raad en daad by wanneer sy hulp nodig is. Jan is die derde geslag van die familie op Vaalharts nadat sy oupa, Jan sr., hom in 1948 daar gevestig het.

Vaalharts-boere is uiters afhanklik van elektrisiteit omdat elke vierkante meter grond besproei word om groot oeste te behaal. Grond is baie

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Troppie van die Hoër Landbouskool Oakdale se Jersey-koeie aan die wei buite Riversdal. Oakdale bedryf ’n kommersiële suiwelafdeling wat ’n groot bydrae tot die skool se inkomste lewer. Benewens dat die kudde vanjaar een van net ses platinumtoekenn
Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com WENBRIEF ’n Mens kan maar sê dat ek reeds byna my vervaldatum bereik het, maar ek dink met groot seer aan jong mense wat nog hul lewe moet leef en hul ideale verwesenlik wil sien. Hoe sien hulle hier
Landbouweekblad3 min read
Veediefstal Is ’n Spesialismisdaad
’N VEEDIEFSTALSAAK is van die moeilikste sake om te ondersoek omdat dit in die buitelug plaasvind en deurslaggewende leidrade weens verskeie faktore, soos reën en versteuring van die misdaadtoneel, vernietig kan word. Só sê Louis Wessels, voorsitter