Avontuur Afrika

Lok my die wandelpad

Stap is sekerlik een van die maklikste buitelugstokperdjies, maar baie beginners voel soms onseker. Daar is egter nie veel om oor bekommerd te wees nie en jy het geen spesiale vaardighede nodig om te stap nie. Boonop is Suid-Afrika natuurlik ‘n voetslaan-paradys, met van die beste staproetes ter wêreld. Of dit nou langs riviere, berg-op of selfs in nasionale parke is, ons land spog met staproetes vir voetslaners van alle fiksheids-en vaardigheidsvlakke.

Maar voordat ons kyk na ‘n paar basiese dinge vir beginners om te oorweeg, kom ons bepaal net eers presies wát hierdie stokperdjie nou eintlik is. Volgens kenners word stap gedefinieer as “die aktiwiteit om op lang wandelings te gaan, veral in die veld of bos”. Enige soort stap wat nie op ‘n sypaadjie of teerpad is nie, sal as ‘n staptog tel.

Soorte staptogte

• is wat die meeste mense doen wanneer hulle sê dat stap hul stokperdjie is. ‘n Dagstaptog word in ‘n enkele dag gedoen en kan wissel van ‘n vinnige roete van so 1 tot 2km wat minder as ‘n uur neem, tot ‘n heeldag uitstappie.•   is ‘n roete wat oor ‘n paar dae strek insluit, wat behels dat die roete in een park, dorp, provinsie of selfs land begin en in ‘n ander eindig (en tot maande kan duur).• is ‘n relatief nuwe neiging, waar roete-organiseerders jou toerusting van hut tot hut vervoer en jy slegs met jou dagrugsak stap.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Avontuur Afrika

Avontuur Afrika3 min read
Goeters & geite
Dit klink baie romaties om in die reën te dans, maar dis nie altyd so lekker nie. Vra my… ek het al genoeg kere in my lewe natgereën om te weet waarvan ek praat! Daarom is ek mal oor die K-Way Backpack Rain Poncho. Gemaak van 100 persent 190T poliëst
Avontuur Afrika6 min read
Europa Op ‘N Ander Manier
In die loop van 35 dae het ons 13 grense oorgesteek en ‘n indrukwekkende 27 523km afgelê (net minder as 6 175km daarvan in ons betroubare, gehuurde kampeerwa). Ons reis het egter nie oor die afstand gegaan nie, maar oor die herinneringe wat gemaak is
Avontuur Afrika3 min read
‘N Ougat Huisie Op Wiele
Die Suzuki Eeco is in 2023 op die Suid-Afrikaanse mark bekend gestel en dit was ‘n onmiddellike gunsteling by besighede wat na ‘n klein karweiertjie en daaglikse ryding op soek was. Die manne by Suzuki SA het egter met die blink gedagte vorendag geko