Landbouweekblad

’n Stukkie Boergondië in Suid-Afrika

Dit is hier waar Cabriére begin het, beduie Tim Hoek waar ons in ’n beskeie geboutjie op die plaas Clos Cabriére staan. Hoek, die afgelope agt jaar wynmaker by Haute Cabriére, is onlangs tot keldermeester bevorder.

“Dit was ’n melkstal en hier is ses tenke van 10 000 liter elk. Ek wonder of Achim von Arnim destyds sou kon raai hoe groot sy baba sou word.”

Cabriére, wat op twee plase in die Franschhoek-vallei gesetel is, is ’n sterk plaaslike wynhandelsmerk, veral bekend as die tuiste van Pierre Jourdan Cap Classique, asook die Boergondiese edelwynkultivars Pinot noir en Chardonnay.

Achim von Arnim, wie se familie van Duitse afkoms is, is in Suid-Afrika gebore en getoë en het later wynbereiding by Geisenheim in Duitsland gaan studeer. Hier het hy sy vrou, Hildegard, ’n nooi uit die Rynvallei, ontmoet. Hulle het teruggekeer Suid-Afrika toe, waar Achim op 32 as keldermeester van Boschendal aangestel is.

Danksy sy baanbrekerswerk (hy was maar die tweede persoon in Suid-Afrika wat Cap Classique gemaak het) en sy kunssinnige en filosofiese streep

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Troppie van die Hoër Landbouskool Oakdale se Jersey-koeie aan die wei buite Riversdal. Oakdale bedryf ’n kommersiële suiwelafdeling wat ’n groot bydrae tot die skool se inkomste lewer. Benewens dat die kudde vanjaar een van net ses platinumtoekenn
Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com WENBRIEF ’n Mens kan maar sê dat ek reeds byna my vervaldatum bereik het, maar ek dink met groot seer aan jong mense wat nog hul lewe moet leef en hul ideale verwesenlik wil sien. Hoe sien hulle hier
Landbouweekblad3 min read
Veediefstal Is ’n Spesialismisdaad
’N VEEDIEFSTALSAAK is van die moeilikste sake om te ondersoek omdat dit in die buitelug plaasvind en deurslaggewende leidrade weens verskeie faktore, soos reën en versteuring van die misdaadtoneel, vernietig kan word. Só sê Louis Wessels, voorsitter