KLASSIEKE KARAMELFUDGE
■ 1 blik (385 g) volroomkondensmelk
■ 150 ml melk
■ 450 g ligbruinsuiker
■ 115 g botter
Voer ’n vierkantige pan van 20 cm x 20 cm met bakpapier uit en bespuit met kleefwerende kossproei. Sit die kondensmelk, melk, suiker en botter in ’n groot, kleefvrye kastrol en verhit oor baie lae hitte, terwyl aanhoudend geroer word, tot al die suiker gesmelt is. (As daar suikerkristalle teen die kant van die kastrol vassit, vee dit af met ’n kwassie wat