Landbouweekblad

SLIM VOETWERK OM INSETKOSTE DRAAGLIK TE MAAK

KORTOM

■ Sy droom om vlieënier in die lugmag te wees is dalk gekelder, maar dié jong boer bereik reusesukses deur ’n kombinasie van tegnologie en voete in die land en ’n vennootskapsboerdery.

■ Mnr. Daniël Opperman het eers “met die oog gekorrel”, maar pas nou presisieboerdery toe waardeur hy produksiekoste beheer en die grond optimaal benut.

■ Hy het sterk ondergrondse water, maar pas streng beheer toe om dit nie te oorbenut nie. ’n Boorgat word nooit vir langer as twee dae aaneen gepomp nie. Dan skakel hy oor na die volgende boorgat.

Dit is tot die landbou se voordeel dat die jong Daniël Opperman nie destyds vir opleiding as vlieënier in die Suid-Afrikaanse Lugmag gekeur is nie, want die pad wat hy daarna geloop het, het koers gekry landbou toe en tot sy bekroning as TLU SA se Jongboer van die Jaar vir 2022 gelei het.

Boonop het hy sy vliegdroom bewaarheid en op eie koste as kommersiële helikoptervlieënier gekwalifiseer. Nou vlieg hy ook hoog as groenteboer van formaat.

Opperman (40) boer op die plaas Smaldeel naby Mookgophong in vennootskap met me. Belinda Streicher le Roux, ’n ekonoom van Polokwane. Terwyl hy na matriek in 2002 op die Lugmag se antwoord gewag het, het hy solank by B&F Elektries van mnr. Barrie du Plessis op die dorp gewerk en sommer ’n ambag in

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Troppie van die Hoër Landbouskool Oakdale se Jersey-koeie aan die wei buite Riversdal. Oakdale bedryf ’n kommersiële suiwelafdeling wat ’n groot bydrae tot die skool se inkomste lewer. Benewens dat die kudde vanjaar een van net ses platinumtoekenn
Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com WENBRIEF ’n Mens kan maar sê dat ek reeds byna my vervaldatum bereik het, maar ek dink met groot seer aan jong mense wat nog hul lewe moet leef en hul ideale verwesenlik wil sien. Hoe sien hulle hier
Landbouweekblad3 min read
Veediefstal Is ’n Spesialismisdaad
’N VEEDIEFSTALSAAK is van die moeilikste sake om te ondersoek omdat dit in die buitelug plaasvind en deurslaggewende leidrade weens verskeie faktore, soos reën en versteuring van die misdaadtoneel, vernietig kan word. Só sê Louis Wessels, voorsitter