Weg!

MENSE SE LENSE

STU BOWIE

IG: @stubowie
Canon EOS 1D Mk. IV
Canon 100-400 mm-lens

STU SKRYF: Fotograwe probeer altyd foto’s in daai spesiale oggendof laatmiddaglig neem. Op dié oggend was ek in die Rietvleinatuurreservaat en kon hierdie rooihartbeeskoei en haar kalf afneem. Koeie kan uitgeken word aan hulle dunner horings.

Ek hou van hoe die twee byna eenders poseer, en hoe ek Mamma se oog wat byna-byna aan die kalfie se horing raak, kon vasvang. My verstellings was: sluiterspoed 1/1 600, lensopening f8 en ISO 140.

TOAST SÊ: Dié foto het my wraggies twee keer laat kyk! Baiekeer skep ’n dier wat só voor ’n ander staan ’n eienaardige foto, want ’n mensoog verkies diere wat apart van mekaar staan. Dis dan makliker om te sien waarna jy kyk.

Rooihartbeeste is onmiskenbaar en daar is geen twyfel waarna ’n mens hier kyk nie. Aangesien ma en baba sy aan sy staan, kan ’n mens duidelik die verskille tussen die twee waarneem. ’n Mens kan ook duidelik sien hoe die draairoomyshorinkies van die kleintjie later in sierlike krulhorings gaan verander.

Stu se lensopening van f8 is net wyd genoeg vir albei diere om skerp te vertoon. Die kalfie is inderwaarheid skerp en Mamma effe sagter, maar in dié drukgrootte is die verskil nie merkbaar nie.

Ek hou van die kleurpalet wat wissel van die rooibruin van die bok (ek is mal oor die rooi stof in Ma se horings) tot die sweempie groen

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg5 min read
’n Tierboskat En ’n Vlagswaaier
Ek toet twee kort stampies totsiens vir my vriende wat agter die swart toeskuifdeur verdwyn wanneer ek my Subaru se neus padaf draai. Dis nog donker in die strate, maar ek het darem al ’n koppie koffie in die lyf. Ek ry uit Auckland Park en volg my f
Weg1 min read
Blokraai
OPLOSSINGS BL . 104 Loer in by jou naaste winkel of bestel een by media24shop.com teen R85. FOTO’S RONEL STEYN; VILLIERS STEYN; MARCHELLE VAN ZYL ■
Weg2 min read
LUIPERDLESSE Die strikgevaar
Luiperds word as kwesbaar gelys op die internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur se rooidatalys van bedreigde spesies, en die bevolkingskurwe neig steeds afwaarts. Wêreldwyd is luiperds reeds ’n yslike 75% van hulle oorspronklike verspreidi

Related