Sukses is nie noodwen-dig altyd die maatstaf van ’n goeie jag nie. Om die waarheid te sê, een jag wat my bybly, was een waartydens ek nie eens ’n skoot geskiet nie. Dalk onthou ek dit juis omdat ek onsuksesvol was. En natuurlik ook omdat dit so ’n séér jag was.
Die 350 000 hektaar-Nuanetsi Ranch in die laeveld van Zimbabwe was vroeër jare een van Suider-Afrika se legendariese jaggebiede. Saam met die Zambezivallei en Zambië se Luangwavallei roep dit beelde op van wye, wilde Afrika, hoewel die Nuanetsi ’n reusebeesplaas was en die meeste gevaarlike goed daarom grootliks uitgeroei was. Hierdie massiewe stuk bosveld in die suidoostelike hoek van die land, naby die Gonarezhouwildtuin en vlak duskant die Limpopo, het egter steeds avontuur belowe. Wild was volop en die ruimte was aangrypend, ver-al vir Suider-Afrikaanse jagters wat met plaasgrense genoeë moes neem in hul eie land. Jagbeurte vir die verskillende sek-tore is jaarliks per veiling verkoop, en in 1990 kon