As die hoeveelheid navrae oor beskikbare wild vir 2023 se jagseisoen ’n aanduiding is, kan dit ’n goeie jaar vir die wildbedryf wees, sê mnr. Richard York, uitvoerende hoof van Wildbedryf SA (WRSA).
“Ons is nou in ’n volgende fase van die pryssiklus.”
Toe die pryse van lewende wild baie goed was, het boere hoofsaaklik op teling gekonsentreer. Baie boere het egter sedert 2017 die wildbedryf verlaat weens onsekerheid rakende eiendomsreg, droogtetoestande en kommer oor landelike veiligheid. Teelprojekte is laat vaar en daar was ’n groot aanbod van diere,