Landbouweekblad

Modderige wegspring demp nie blink vooruitsigte

Aan die einde van die optimale planttyd vir die oostelike saaigebiede, en met die aanvang van die westelike dele se planttyd rondom middel November, het oormatige reën nog op baie plekke somergraanaanplantings vertraag. Begin Desember was daar egter sowat twee weke se warmer sonskyndae en aanplantings van mielies en sojabone het fluks gevorder.

Dr. Werner Rossouw, direkteur van Silostrat, het middel Desember gesê in die sentrale en westelike dele van Suid-Afrika is die sojaboonaanplantings voltooi, en mielie- en sonneblomaanplantings het goed gevorder.

“Die een ding wat ons nou jaar ná jaar al hoe meer besef, is die vermoë van boere om ’n groot oppervlakte in ’n baie kort tydperk te kan beplant. Die meeste boere kan nou binne twee tot drie weke hul aanplantings voltooi, mits die weer saamspeel. Ons het ’n baie goeie twee weke ervaar.”

Volgens Rossouw was daar kolle in Mpumalanga en die Oos-Vrystaat waar boere

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Troppie van die Hoër Landbouskool Oakdale se Jersey-koeie aan die wei buite Riversdal. Oakdale bedryf ’n kommersiële suiwelafdeling wat ’n groot bydrae tot die skool se inkomste lewer. Benewens dat die kudde vanjaar een van net ses platinumtoekenn
Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com WENBRIEF ’n Mens kan maar sê dat ek reeds byna my vervaldatum bereik het, maar ek dink met groot seer aan jong mense wat nog hul lewe moet leef en hul ideale verwesenlik wil sien. Hoe sien hulle hier
Landbouweekblad3 min read
Veediefstal Is ’n Spesialismisdaad
’N VEEDIEFSTALSAAK is van die moeilikste sake om te ondersoek omdat dit in die buitelug plaasvind en deurslaggewende leidrade weens verskeie faktore, soos reën en versteuring van die misdaadtoneel, vernietig kan word. Só sê Louis Wessels, voorsitter