Landbouweekblad

SA boer mik ver met Bonsmaras

KORTOM

■ Deeglike huiswerk is nodig alvorens ’n Suid-Afrikaner ’n nuwe heenkome in Georgië wil gaan soek.

■ Mense word aangeraai om ook ’n boerdery of besigheid in Suid-Afrika te behou en nie sak en pak weg te trek nie.

■ Een van die Suid-Afrikaners is besig om ’n Bonsmara-kudde te vestig met die oog om teelmateriaal in ander lande te verkoop.

Die sterk begeerte om uit te brei en nie net van sy bestaan as boer en raadgewende elektriese ingenieur in Suid-Afrika afhanklik te wees nie, het mnr. Lambert Theron, Bonsmara-boer van Groblersdal, na ander lande laat kyk. Uiteindelik het sy keuse op Georgië geval.

“Die ongesonde politieke klimaat in Suid-Afrika het my aangespoor om nuwe weivelde te soek. Ek is sedert 1988 ’n professionele elektriese raadgewende ingenieur en werk steeds op daardie gebied terwyl ek ook boer, maar ek wou nie langer van ons regering afhanklik wees nie.”

Kenmerkend van die doelgerigtheid wanneer hy ’n taak aanpak, het hy sy huiswerk deeglik gedoen. Mislukking kom nie in sy denkraamwerk voor nie.

Theron (62) boer sedert 2000 onder die naam Theron Boerdery op plase by Groblersdal. In 2004 het hy sy huidige woonplaas, Buffelsvlei, gekoop.

Voorheen het hy ook met wild op ’n ander plaas by Groblersdal, met beeste by Christiana en met groente op Buffelsvlei geboer.

UITVOERPLANNE

Theron se besigheid in Georgië waar hy as Green Label Farming LCC boer,

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Troppie van die Hoër Landbouskool Oakdale se Jersey-koeie aan die wei buite Riversdal. Oakdale bedryf ’n kommersiële suiwelafdeling wat ’n groot bydrae tot die skool se inkomste lewer. Benewens dat die kudde vanjaar een van net ses platinumtoekenn
Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com WENBRIEF ’n Mens kan maar sê dat ek reeds byna my vervaldatum bereik het, maar ek dink met groot seer aan jong mense wat nog hul lewe moet leef en hul ideale verwesenlik wil sien. Hoe sien hulle hier
Landbouweekblad3 min read
Veediefstal Is ’n Spesialismisdaad
’N VEEDIEFSTALSAAK is van die moeilikste sake om te ondersoek omdat dit in die buitelug plaasvind en deurslaggewende leidrade weens verskeie faktore, soos reën en versteuring van die misdaadtoneel, vernietig kan word. Só sê Louis Wessels, voorsitter