By die WinField United-innovasiesentrum in Riverfalls in die Amerikaanse deelstaat Wisconsin word produk- en toedieningstegnologie ontwikkel in ’n hoogs gespesialiseerde navorsingsomgewing. Só word ’n beter prentjie van die hele toedieningsproses verkry. Die data word gebruik om doeltreffender aanwending van gewasbeskermingsprodukte te verseker.
’n Sleutelkomponent van die innovasiesentrum is ’n reeks spuittoedieningslaboratoriums met unieke vermoëns wat Win-Field United as ’n wêreldwye navorsingsleier