Landbouweekblad

REKORDMIELIES ‘SOOS BABAS’ VERSORG

KORTOM

■ Die Albertse-manne van Dundee in KwaZulu-Natal glo daaraan om hul mielieaanplantings te bestuur asof elke plant ’n baba is waarin alle behoeftes voorsien moet word.

■ Hul “resiesperd”-geelmieliebasters moes hulself eers in kleinskaalse proewe bewys.

■ Hulle gebruik verskeie tegnologieë en die leiding van kundiges om so proaktief moontlik in die behoeftes van hul droëlandmieliegewasse te voorsien.

Nadat hy in 2013 met saaien veeboerdery begin het, het mnr. Bertus Albertse, ’n opgeleide rekenmeester en landboukommoditeitsmakelaar, geen tyd gemors om sy reeds goed geoefende brein aan die werk te sit en omvattende navorsing oor die beste bestuurspraktyke vir die boerdery te doen nie.

Hy het slegs internasionale navorsing oorweeg, suksesvolle en geloofwaardige Noord-Amerikaanse boere geraadpleeg en met betroubare raadgewers gepraat wat die drie Albertse-manne se visie en doelwitte vir hul boerderybedrywighede ten volle verstaan.

Albertse en sy seuns, Louis (32) en Thys (29), boer op huurgrond by Dundee in die noorde van KwaZulu-Natal. Hulle hou gereeld dinkskrums en ontwikkel deurlopend strategieë vir hul boerderybedrywighede. Bertus bestuur hoofsaaklik die administrasie en finansies, terwyl

You’re reading a preview, subscribe to read more.